Friday, April 18, 2014

Red 'n lewe

Op 'n mooie dag soos vandag wat ons Jesus se kruising herdenk en net weer terugdink aan hoe Hy ons gered het met sy liggaam, wonder ek sommer net hoe kan ons dalk iemand red? Sal ons ooit doen wat Hy vir ons gedoen het?

Toe dink ek, ons kan op 'n baie klein manier dalk min of meer so iets doen. Ons kan ons liggame vir iemand anders gee en iemand anders red met ons liggaam nes Jesus vir ons gedoen het deur by The Organ Donor Foundation aan te sluit. Jy kan jou organe opgee as skenking aan iemand anders die dag as jy reeds dood is.

Nog 'n manier wat ons mense kan red is deur bloed te skenk. Daar het so baie van Jesus te bloed vir ons gevloei teen daardie kruis en deur net vier eenhede bloed elke 3 maande kan ons ook iemand red.

So doen jou deel, probeer op 'n baie klein basis ook iemand red soos Jesus ons gered het. Gee jou organe as skenking op by: https://www.odf.org.za/  of gaan skenk jou bloed by jou naaste bloedbank.

Liefde & groete
Boeremeisie by hart

Thursday, April 3, 2014

Ek soek jou

Ek soek jou.
Nou.
Jou lippe teen myne.
Jou hande op my heupe.
My lippe in jou nek.
My hande deur jou hare.
Harde asemhaling.
Staar na mekaar.
Ek soek jou.
Nou.
In my bed.
Reg langs my.
Praat oor enige iets.
Sagte soene tussen deur in die stiltes.
Moë oë wat steeds kontak behou.
Stadig raak ons aan die slaap.

-boeremeisie-

Monday, March 31, 2014

Stilte voor die storm

Hallo aan elke liewe volgeling!

Baie dankie aan almal van wie af ek terugvoering kry. Julle is regtig my inspirasie en rede vir aanhou. Ek vra groot omverskoning dat ek so stil was, maar dis nou vakansie & ek het internet toegang. So in die volgende paar weke behoort ek hopelik heel gereeld te post.

Ek post nou AL die prentjies wat ek gedurende die kwartaal gemaak het. Gaan kyk gerus op @BM_se_hart vir meer gereelde prentjies en sê-goedjies.

Liefde
Boeremeisie


































Wednesday, February 19, 2014

Tyd haal my in...

Jammer dat ek so ongelooflik stil was, maar dit gaan mal besig!!!!

Hier is 'n paar nuwes wat ek in die week gemaak het,, ek het voriges ook wat ek nog nie opgelaai het nie, en sal dit ook een of ander tyd oplaai.

Al my foto's en woorde en denke kom op my twitter account as julle dalk dit sou wou volg. Dis baie meer updated as my blog. @BM_se_hart