Monday, June 2, 2014

Liefde is snaaks



Veer sag soen

Dit begin altyd by jou onskuldige glimlag
wat so oulikies hier in my geestesoog rond dans

Die volgende stap is bloed rooi bloos
Mooier en rooier as 'n roos

Dan voel ek die bekende warmte, 
Van jou hand in myne, 
Vergete is die sorge en pyne

Onverwags, soos 'n dief in die nag
Plak jy 'n veer sag soen
En veroorsaak my eie glimlag