Monday, November 11, 2013

Aangename kennis

Halo dames

Ek is as 'n boeremeisie gebore en bly nou nog na 20 jaar op die plaas, al studeer ek elders. My groot droom is om 'n boerseun te trou en verder my lewe op 'n plaas te spandeer en eendag as ek nog ouer is en gereed is om te kan aftree is my droom plek iewers in die Karoo met 'n windpomp en 'n paar skapies.

Dames, 'n vragie aan julle... Die mees aantreklikste man vir my is een met 'n boeretan, kuite en 'n vuil plaas bakkie. Waarvan hou julle?

En dan 'n laaste ding, ek maak prentjies met woorde op soos die inspirasie my tref, maar as enige een van julle woorde het wat julle op 'n prentjie wil hê, kan julle met liefde my kontak op annicavg@gmail.com of net comment iewers of op twitter vir my iets stuur @BM_se_hart 

Groete & liefde
Boeremeisie by 



No comments:

Post a Comment