Wednesday, May 28, 2014

Gebroke

Ek wens gebroke
was verbode
Want 'n hart soos myne
pas nie in syne

Bindmiddels sal nie eers kan versterk
wat ek hier binne moet verwerk

As gebroke
tog net verbode was
kon 'n glimlag
my dalk nog verras





Dis my eerste gedig in 'n baie baie baie lang tyd... soos 6 jaar terug laas het ek geskryf

2 comments:

  1. Boeremeisie by hart

    Niks is ooit gebreek nie
    Wat 'n glimlag nie kan genees
    Niks kan jy wegsteek nie
    Vir die vreugde van jou gees

    Jou hart pas dalk nie by hom
    Maar êrens is sy perfek gemeete plek
    Jou boerseun gaan nog kom
    Met sy John Deere trekker en sy groen plaas hek

    So moenie nou al moed opgee
    Moenie jou eensamheid nou meet
    Tel jou glimlae van elke tree
    En moet net nooit vergeet;

    Erens wag daar iemand
    Met die selfde gedig van smart
    En hy krap nou hartjies innie sand
    Opsoek na die boeremeisie van sy hart

    ReplyDelete
  2. Plaasjapie

    Baie dankie vir jou woorde van bemoediging
    hopelik sink dit iewers in my kop in
    Want my hart is leeg
    en ek wens ek kan aanbeweeg

    maar soos jy sê,
    daar is 'n boerseun daar buite wat my wil hê
    verkieslik met 'n John Deere of 'n New Holland
    en met my op die ou einde aan sy hand

    ReplyDelete